

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 October 2005
BANDELIERKOP – ‘n Vlieënier en sy vrou kan hulself gelukkig ag om nog te leef, nadat hul ligte vliegtuig laat Vrydagmiddag (7de) naby die Capricorn Tolplaza neergestort het.
Volgens inligting was die vlieënier en sy vrou vanaf Johannesburg na Makhado op pad vir ‘n besoek aan die lugskou op Lugmagbasis Ma¬khado die volgende dag. Weens swak weersomstandighede kon hulle egter nie land nie en moes hulle terug draai na Polokwane.
Dit is nie seker wat gebeur het nie, maar sowat 10 kilometer vanaf die Capricorn Tolplaza het die vlieënier begin probleme ondervind en moes hy ‘n noodlanding op die plaas Wag-‘n-Bietjie van dr. Casper Gilfillan uitvoer.
Die vliegtuig het die tydens die noodlanding omgeslaan en op sy dak te lande gekom. Gelukkig het die vliegtuig nie aan die brand geslaan nie en die vlieënier en sy vrou kon daarin slaag om, ten spyte van beserings, uit die wrakstuk te klim.
Die ongeluk word ondersoek.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
