ADVERTISEMENT:

 

Wyle mev. Niquey Koekemoer (34).

Oud-inwoner sterf in motorongeluk

 

News  Date: 14 October 2005

 

MAKHADO – ‘n Oud-inwoner van die dorp, die 34-jarige mev. Niquey Koekemoer, is gedurende die vroeë oggendure van Vrydag, 7 Oktober, net buite Tzaneen in ‘n motorongeluk oorlede.

Mev. Koekemoer was op pad om haar suster, Debbie, by die huis af te laai toe die ongeluk plaasgevind het. Na wat verneem word, het haar voertuig die pad verlaat en gerol. Haar suster Debbie het die ongeluk oorleef.

Wyle mev. Koekemoer sal onthou word vir haar plaaslike betrokkenheid by Connie’s Haarsalon. Sy word oorleef deur haar man, Abé, dogter Eyre, ma Maxi en drie susters, Lila, Debbie en Tanya.

‘n Roudiens vir wyle mev. Koekemoer vind op Saterdag, 15 Oktober, om 10:00 vanuit Laerskool Duivelskloof se skoolsaal plaas. Vir meer inligting kan Maxi van Dyk by tel. 082 691 7922 of Lila by 084 580 8223 geskakel word.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines