

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 October 2005
POLOKWANE – Die ineenstorting van dienste en dienslewering as gevolg van rasgebaseerde regstellende aksie en sogenaamde swart ekonomiese bemagtiging is ‘n ANC/ COSATU/SAKP-geskape gemors en beslis nie ‘n maaksel van die TLU-SA nie, sê mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU SA Noord.
Joubert het skerp gereageer op uitlatings van die Limpopo LUR vir Plaaslike Bestuur en Behuising, Me Maite Nkoana-Mashabane, wat tydens ‘n TV-onderhoud op SABC 2 beweer het dat die “Boere” verantwoordelik is vir die behuisingsprobleme wat in die provinsie ondervind word.
Joubert het die uitlating as belaglike, wilde, onsinnige, onverantwoordelike, oningeligte en onprofessionele bewerings verwerp. Hy het die LUR uitgedaag om “haar wilde bewerings met feite te staaf”. Die hele aangeleentheid sal ook met die SABC en desnoods met die Uitsaai Klagte Kommissie opgeneem word.
Joubert sê dit word nou ‘n bekende refrein van die regering en organisasies soos Nkuzi om die “Boere” te beskuldig en sodoende alle verantwoordelikheid vir wanbestuur, korrupsie en blatante onbekwaamheid te ontken.
“Die LUR is duidelik nie instaat om die werklikheid in die oë te kyk nie en is besig om die gesag van haar posisie te misbruik om verantwoordelikheid vir die gemors in haar departement te probeer ontduik.”
Joubert sê as daar soveel plaaswerkers van plase afgesit is as wat die LUR beweer, sou daar nie ‘n enkele plaaswerker in die Limpopo oorgebly het nie.
“Die LUR behoort die feite te kontroleer voordat sulke belaglike uitsprake gemaak word. Die ineenstorting van grensbeheer as gevolg van onbekwaamheid en die onbeheerde instroming van onwettige immigrante speel ‘n wesenlike rol in die behuisingstekort, tesame met swak dienslewering en die uiterse swak gehalte van HOP huise.”
Joubert het die LUR uitgedaag om volwasse genoeg te wees om verantwoordelikheid te aanvaar vir die gemors en om iets positiefs daaraan te doen.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
