ADVERTISEMENT:

 

Voormalige bankbestuurder kry beenmurgoorplanting

 

News  Date: 14 October 2005

 

MAKHADO – ‘n Bekende voormalige bankbestuurder van Nedbank, mnr. Marius van Zyl, ondergaan hierdie week ‘n beenmurgoorplanting in sy stryd teen kanker.

Nickey van Zyl, Marius se moeder, het op Dinsdag gesê hoe dankbaar hulle is dat Marius se broer as beenmurgskenker kon optree.

“Die dokters was verbaas dat twee broers sulke identiese chromosome kan hê,” sê Nickey. Hulle is ook dankbaar vir al die bidgroepe van die verskillende kerke wat vir Marius bid.

“Die groot ding is nou om te bid dat Marius nie infeksie kry nie. Dan het hy 95% kans op herstel,” sê Nickey.

Pa Ockie en ma Nickey is bekende inwoners. Marius se vrou, Fransie, was voorheen onderwyseres in Engels by Hoërskool Louis Trichardt. Fransie hou nou skool op Polokwane en sy gaan Donderdag met die twee seuns deurry na Pretoria waar Marius in die Little Company of Mary Hospitaal behandel en geopereer sal word.

Ma Nickey vertel dat Maandagaand ‘n krisis vir Marius was.

“Sy mond was so vol sere en het vreeslik gebrand van al die chemoterapie sodat hy amper nie kon praat nie. Almal is egter baie positief oor die operasie.”

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines