ADVERTISEMENT:

 

Verdagte in Du Preez-aanval weer in arres

 

News  Date: 21 October 2005

 

Solomon Mudau (65), wat aangekla word van poging tot moord na ‘n wrede aanval op die Du Preez-egpaar van Levubu, is gearresteer.

Mudau se arrestasie volg nadat hy aanvanklik vrygelaat is op borg, maar versuim het om weer by die hof op te daag.

Soos berig in die uitgawe van 9 September, was daar groot ontevredenheid by inwoners van Levubu toe Mudau vrygelaat is na sy eerste verskyning in die hof. Die besorgde bure en familie van die Du Preez-egpaar het gevoel dat ‘n onveilige situasie onnodig geskep word vir oom Roelf en tannie Marika. Mudau het streng borgvoorwaardes gehad. Ondermeer is hy verbied om die Du Preez-egpaar se plaas te betree.

Mudau moes op 6 Oktober weer in die hof verskyn. Hy het egter versuim om op te daag, waarna ‘n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik is. Hy is op 13 Oktober by sy woning gearresteer. Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat Mudau van vier verskillende name gebruik maak. Daar is ook gevind dat hy 16 vorige veroordelings teen sy naam het, waaronder saakbeskadiging, verskeie aanrandings, huisbraak en ontsnapping. Hy is ook al skuldig bevind op drie klagte van verkragting.

Mudau sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning in die hof op 21 Oktober.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines