ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Gavin Pennells van Pennells Tanks by ‘n besending van die unieke 30 000 septiese tenks onderweg na die Nasionale Kruger Wildtuin.

Pennells-tenks help waternood in wildtuin verlig

 

News  Date: 21 October 2005

 

Plaaslike besigheid Pennells Tanks is tans besig om op ‘n unieke manier te help om die waternood te midde van die knellende droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin te verlig.

‘n Projek is deur SANParke van stapel gestuur waardeur rioolwater by van hul oornagkampe in die wildtuin gehersirkuleer word. In kort word die bestaande rioolstelsels vervang deur gebruik te maak van spesiaal- ontwerpe septiese tenke. ‘n Paar van die tenke word semi-ondergronds aan mekaar gekoppel en soos die riool deur die verskillende tenke beweeg, word die riool van die water geskei. Aan die einde van die proses word die “gesuiwerde” water gedreineer in gebiede wat voorheen as natuurlike vleiland gedien het.

Pennells Tanks het die kontrak gekry vir die vervaardiging van die spesiale 30 000 liter tenke, na ‘n ingenieur hul webtuiste (www.pentanks.co.za) besoek het. Die kontrak behels die vervaardiging van ses septiese tenke vir Onder Sabie en nege tenke vir Satara. Daar is reeds begin met die aflewering van die eerste besending tenke.

Buiten vir hul kontrak van SANParke, is talle van hierdie tipe tenke reeds in gebruik by verskeie skole en instansies soos karavaanparke regoor Suid-Afrika.

“Veral skole in afgeleë plattelandse gebiede wat glad nie oor ‘n bestaande rioolstelsel beskik nie, vind baat by hierdie tenke,” sê mnr. Gavin Pennells. Hy het bygevoeg dat langs luukse kusgebiede meer mense ook begin aandring op ‘n stelsel soos hierdie wat baie meer omgewingsvriendelik is.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines