ADVERTISEMENT:

 

Asvat weer in hof op dagga-klag

 

News  Date: 28 October 2005

 

‘n Plaaslike besigheidsman, die 25-jarige Zaheer Asvat, is vir die soveelste keer deur die polisie gearresteer op ‘n klag van die besit van dagga.

Asvat is op 17 Mei deur die plaaslike landdroshof tot ses maande gevangenisstraf gevonnis op ‘n soortgelyke klag. Dit volg nadat ‘n opgeskorte vonnis inwerking gestel is. Asvat is egter kort na die vonnis weer vrygelaat, nadat hy deel was van die groep gevangenes wat presidensiële amnestie ontvang het as gevolg van hul “geringe” misdade en vonnisse.

Asvat is op 20 Oktober weer gearresteer, nadat dagga in sy voertuig gevind is. Hy het die daaropvolgende dag in die plaaslike landdroshof verskyn en is op R1 000 borgtog vrygelaat. Sy saak is uitgestel tot 9 November vir verdere verhoor.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines