ADVERTISEMENT:

 

Hof sê getuies in Speaker se <i>crimen injuria</i>-saak jok

 

News  Date: 04 November 2005

 

Aangeklaagdes van Buysdorp is hierdie week onskuldig bevind op aanklagte van crimen injuria en aanranding in ‘n saak wat deur die Speaker van die Makhado Munisipaliteit, Raadslid Joan Hoorzuk, teen hulle aanhangig gemaak is.

Die saak volg na ‘n voorval op 12 Junie vanjaar en is aangehoor in die plaaslike landdroshof. Uitspraak is op 1 November gelewer.

Die hof het bevind dat die getuies in die saak teen die aangeklaagdes nie die waarheid praat nie en mekaar weerspreek. Die aangeklaagdes is onskuldig bevind en ontslaan in terme van Artikel 174 van die Strafproseswet, aangesien die getuies hulle nie van hulle bewyslas kon kwyt nie. Raadslede Hoorzuk en Pedro Rasidile was twee van die getuies.

Die aangeklaagdes is ontslaan sonder dat hulle moes getuig. Hulle was mnr. Simeon Buys (voorsitter van die Bestuurskomitee van Buysdorp) en mnr. Alexander Smail (ondervoorsitter), me. Caroline Diedericks en Phina Webster.

Die voorval spruit uit ‘n vergadering wat die betrokke raadslede met die Thalane-gemeenskap gehou het. Hierdie gemeenskap is gevestig op die grond wat aan die Buysgroep behoort wie se sake bestuur word deur ‘n verkose bestuurskomitee. Sake soos watervoorsiening en HOP-behuising het op dié vergadering ter sprake gekom.

Na afloop van die hofsaak het mnr. Smail gesê dat geregtigheid geseëvier het.

“Daar was van die begin af nie ‘n saak nie en die getuies het mekaar baie weerspreek,” het mnr. Smail gesê. Smail het ook die komitee se frustrasie gelug oor die wyse waarop die Speaker sake by Buysdorp hanteer en nie deur die Bestuurskomitee werk nie.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines