

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 November 2005
Bouwerk begin eersdaags aan uitbreidings wat die bestaande Zoutpansberg Kliniek sal omskep in ‘n volwaardige 20-bed hospitaal met operasieteater.
Die bestuur het vandeesweek bekend gemaak dat amptelike goedkeuring ontvang is vir die beoogde uitbreidings.
Die beplande uitbreidings maak voorsiening vir ‘n volledig-toegeruste operasieteater en bykomende twaalf beddens, laboratorium en X-straal eenheid, tesame met ‘n moderne wassery.
‘n Formele sooispit plegtigheid sal eersdaags plaasvind.
Die bykomende geriewe sal gehuisves word in uitbreidings aan die westekant van die bestaande gebou. Die opgeknapte historiese oorspronklike gebou sal dus behoue bly.
Die oorspronklike gebou is gedurende die vorige eeu as kraaminrigting benut en is later as gewone woonhuis gebruik, voordat dit sowat vier jaar gelede gerestoureer en omskep is in ‘n private kliniek.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
