ADVERTISEMENT:

 

Die onherkenbare wrakstuk van die bakkie waarin mnr. Pieter du Preez op reis was.

N1-suid eis nog 'n lewe

 

News  Date: 04 November 2005

 

‘n Noodlottige ongeluk op die N1, sowat 15km uit op die pad na Polokwane, het Maandagaand die lewe geëis van mnr. Pieter Du Preez (49).

Die ongeluk het net voor 23:00 plaasgevind. Mnr. Du Preez was vanaf ‘n vriend in Bandelierkop na die dorp onderweg, toe hy in ‘n trompopbotsing met ‘n swaarvoertuig betrokke was.

Die bestuurder van die vragmotor het vermoedelik beheer verloor oor sy voertuig, waarna hy aan die verkeerde kant van die pad teen mnr. Du Preez se bakkie vasgejaag het. Volgens die polisie het die bestuurder van die vragmotor vermoedelik aan die slaap geraak. Hy is afgevoer na Polo¬kwane vir mediese behandeling.

Mnr. Du Preez is opslag dood in die ongeluk. Sy bakkie is etlike meters ver geslinger. Beide die bakkie en die vragmotor is in die ongeluk afgeskryf.

Mnr. Du Preez se dood het as groot skok gekom vir die personeel van Bridge Motors. Hy sou op 1 November ‘n jaar lank by die besigheid gewerk het.

“Pieter se dood is ‘n groot slag vir die maatskappy,” het mnr. Johan Dreyer (werkswinkelbestuurder) gesê.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines