ADVERTISEMENT:

 

Laerskool Louis Trichardt se huidige skoolhoof, mnr. Louis Linde, is in styl vervoer in die Austin Healey Sprite (1950) van mnr. Anton van Zyl. Leerlinge van die skool het met Songozwistraat langs geloop na die skool se eerste perseel op die hoek van Erasmus- en Kroghstraat.

Triegies vier fees om 110de verjaardag te herdenk

 

News  Date: 30 June 2016

 

Laerskool Louis Trichardt mag maar partytjie hou. Die skool het verlede week, sommer oor twee dae, lekker feesgevier om hul 110de bestaansjaar te vier. Leerlinge en onderwysers inkluis, het almal in tradisionele drag aangetrek en gedeel in die pret.

Verrigtinge is begin met ‘n baie spesiale periode skedule. Donderdag se wiskunde, Engels en Afrikaanse periodes is opsy geskuif vir ander “periodes” soos: Hoe word mampoer gemaak, Die Opsitkershoekie, Hoe is brood gemaak in die Voortrekkers se tyd en Venda gebruike.

Die verskillende grade het tussen die nuwe “klasse” rondbeweeg tot en met eerste pouse, toe almal op die rugbyveld bymekaar gekom het om vir die skool te sing. Daar was natuurlik koek gewees (wat deur Luke en Marie Enslin van Soutpansberg Spar geborg is) om te eet. Elke klas moes sy eie koek versier, en watter fees vir die oog was dit nie gewees nie!

Hierna het die hele skool, saam met oud-Triegie leerlinge, voor die skool bymekaar gekom, waarna daar deur die dorp na die skool se eerste perseel gestap is op die hoek van Erasmus- en Kroghstraat (waar Nictus vandag is). Die eerste skool is op 23 Januarie 1906 gestig, met G.E. McLeod wat die skoolhoof was vir die eerste 52 leerlinge.

Ná die tyd is die dag afgesluit met ‘n heerlike ete, en op die laaste dag van die tweede skoolkwartaal is daar ‘n speletjiesdag gehou vir die hele skool.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines