ADVERTISEMENT:

 

Dirk Meissenheimer, plaaslike Kansa Relay for Life-voorsitter, met die toekenning wat hy ontvang het namens sy komitee.

Relay-span kry trofee vir beste gees landswyd

 

News  Date: 01 July 2016

 

Louis Trichardt se eie Kansa Relay for Life het onlangs ‘n besonderse toekenning ontvang.

Tydens ‘n gala-aand waar die organiseerders van Suid-Afrika se 75 Relays for Life vereer is, het Louis Trichardt se komitee ook weggestap met ‘n prys. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die plaaslike Relay for Life ‘n toekenning ontvang.

Louis Trichardt se Relay for Life het die Spirit of Relay-toekenning vir 2015/16 ontvang. Hierdie toekenning word gemaak aan ‘n organiseringskomitee vir die goeie gees en geesdrif wat hulle aan die dag gelê het om van hul geleentheid ‘n sukses te maak.

Dié toekenningsaand is vanaf 3 tot 5 Junie aangebied in Pretoria. Tydens die aand was daar ook geleentheid vir die verskillende organiseerders om mekaar beter te leer ken en idees uit te ruil.

Ná afloop van die geleentheid het plaaslike Relay for Life-voorsitter mnr. Dirk Meissenheimer sy komitee bedank vir al hul volgehoue opofferings. “Hiermee wil ek graag die hele bestuur bedank vir al hul werk en opoffering tydens die Relay. Ek wil ook vir die gemeenskap bedank wat die Relay bygewoon en ondersteun en dit vir ons moontlik gemaak het,” het Dirk gesê.

Hy het ook weer belangstellendes opnuut daaraan herinner dat daar nog poste beskikbaar is op die huidige komitee. Dié komitee is tans besig om volgende jaar se Relay for Life te reël wat vanaf 10 tot 11 Maart 2017 aangebied sal word op die sportveld van Hoërskool Louis Trichardt.

Vir meer inligting of om betrokke te raak, kan Dirk geskakel word by tel. 082 789 3927.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines