

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 November 2005
‘n Vlag van ‘n “ander” kleur het dié week sy opwagting gemaak by die ingang van ‘n boer se plaas op Levubu, wat verder bygedra het tot die amper Babelse verwarring oor wie nou eintlik verantwoordelik is vir die omstrede vlagverwery.
Die vlagverwery op padtekens en selfs die padoppervlakte het begin kort na die verf van die standbeeld van Makhado in die kleure van die vorige Suid-Afrikaanse vlag in September vanjaar. Volgens inligting is dié “vrolike vlaggies” (soos ‘n vorige briefskrywer daarna verwys het) in oranje, blanje, blou tot in die Vrystaat aangetref. Meer onlangs het die kleure van die ou Vierkleurvlag ook op soortgelyke basis sy verskyning begin maak, maar Maandag het ‘n nuwe vlag sy opwagting gemaak.
Mnr. Johan Fourie van plaas B26 vertel dat hy Maandagoggend gesien het dat iemand die ANC-vlag op die teerpad by die ingang na sy plaaswoning geverf het. Langs die vlag was daar ‘n kort boodskap wat gelees het “Sel out” met ‘n pyltjie wat na sy ingang toe wys. Daar is ook blomme op die vlag gesit. Die verwery het Sondagaand plaasgevind.
Die polisie is ontbied. Hulle het die voorval in ‘n baie ernstige lig beskou en dadelik die saak verwys na die polisie se intelligensiediens.
“Die vlag pla my nie, maar eerder die boodskap. Volgens die polisie word die term ‘sell-out’ aan ‘n persoon toegedig wat op iemand anders split,” sê Fourie.
Fourie sê hy weet nie of die verwery iets te doen het met die omstrede grondhervormingsproses op Levubu nie. Hy het reeds ‘n geruime tyd gelede sy grond aan ‘n ander boer verkoop, voordat die grondhervormingsproses daar op die spits gedryf is. Fourie het slegs twee hektaar vir homself uitgehou vanwaar hy onder meer sy besigheid, Chanic Tuin & Lapa Meubels, bedryf.
“Die polisie is regtig bekommerd oor die boodskap saam met die vlag. Hulle sê dit is ‘n dreigement, maar weet nie van wie af nie. Hulle het my selfs uitgevra of ek onlangs ‘n argument gehad het met iemand van die ANC,” sê Fourie. Hy het Woensdag gesê dat lede van die polisie se inligtingsdiens Dinsdag die toneel besoek het en dat hul besig is met ‘n ondersoek. Teen druktyd was daar nog geen nuwe verwikkelinge in die saak nie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
