ADVERTISEMENT:

 

Die vermoorde Victoria Stadler (20) wie se lyk op 15 November gevind is.

Skok oor moord op oudskolier

 

News  Date: 18 November 2005

 

Hannetjie Stadler, ‘n welbekende inwoner van die dorp, het op Dinsdag, 15 November, die skoknuus ontvang dat haar enigste kind, Victoria Stadler, vermoor is.

Victoria, ‘n 20-jarige student het op 9 November vermis geraak in Port Elizabeth, waarna haar liggaam Dinsdag in die Knysnawoude gevind is.

Victoria het haar skoolloopbaan by Ridgeway College voltooi, waarna sy in Port Elizabeth gaan studeer het. Sy was ‘n tweedejaar student aan die Universiteit van Port Elizabeth. Tussendeur het sy ‘n paar regsvakke gestudeer deur Unisa.

Hannetjie het onrustig en bekommerd begin word toe sy nie telefonies vir Victoria kon bereik nie. Op 10 November het Hannetjie ‘n boodskap op haar selfoon gekry. Die nommer was ‘n onbekende een, maar sy het Victoria gehoor praat. Victoria het op die boodskap gesê dat sy nie met Hannetjie kon praat nie. Hannetjie het niks weer van haar dogter gehoor nie en het besluit om self te gaan kyk wat aan die gang is.

Hannetjie het Sondag vanaf die dorp vertrek, en by familie in Bloemfontein oornag. Sy het Maandag in Port Elizabeth aangekom, net om bevestiging te kry dat Victoria wel vermis is vanaf 9 November.

Dinsdag, om 08:00, is Victoria se uitgebrande voertuig in ‘n stuk veld naby die Knysnawoude gevind. Die polisie het hul soektog daarvandaan uitgebrei en kort daarna is Victoria se lyk gevind. Die polisie vermoed dat die moord verband hou met die moord op ‘n ander 18-jarige meisie wat ‘n maand gelede in dieselfde area gevind is.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines