

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 August 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Een van die pioniers van die streek, die 75-jarige mnr. Simon Miller, is op Saterdag, 7 Augustus in sy slaap oorlede.
Mnr. Simon Petrus Miller is op 23 Maart, 1929, in die Soekmekaar-distrik gebore en hy het aan die Hoërskool Pietersburg gematrikuleer.
Op Louis Trichardt het almal vir Simon en Baba Miller geken wat Noordelike Uitrusters vanaf 1961 tot 1998 bedryf het. Menige kind se skoolklere is daar aangeskaf en is met raad en daad bedien. Tevore het oom Simon die Simba Kontantwinkel op Levubu gehad en ook by die destydse Shefeera Saagmeule gewerk. Oom Simon en tannie Baba was bevoorreg om op 12 Julie vanjaar hulle 52ste huweliksherdenking te vier.
Die gemeenskap het oom Simon geken as ‘n eerlike besigheidsman wat by almal bemind was.
Sy familie en kinders was die spilpunt waarom sy lewe gedraai het.
“Ons sê vandag dankie vir al die goeie riglyne wat hy vir ons gegee het. Op die fondasie wat hy vir ons gebou het, kan ons nou verder gaan bou,” sê sy seun, Simon junior.
In sy jonger dae was oom Simon ‘n aktiewe sportman wat vir die dorp rugby gespeel het en graag gehengel, gholf gespeel en aan die duiweklub behoort het.
Ongeveer vyf jaar terug het oom Simon beroerte gekry wat nie skade nagelaat het nie. Die laaste drie maande het hy swakker begin word en tannie Baba was maar altyd aan sy sy. Saterdag is hy tuis in sy slaap aan hartversaking oorlede.
‘n Roudiens vir oom Simon is Woensdag deur ds. Harm Bonnema vanuit die N.G. Kerk Louis Trichardt-gemeente gehou. Hy laat sy vrou, Baba, drie getroude seuns, Boet en Gerda, Kobus en Annetjie en Simon en Alida, asook sewe kleinkinders agter.
Die familie bedank graag die mense van Louis Trichardt, Musina en oral in die land, vir hul blomme, oproepe, hulp en bystand. Mev. Marie Schempers word veral bedank, asook ds. Harm Bonnema, pastoor Mike Dippenaar en mnr. Andreas Kukkuk van Doves (SAFFAS).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
