

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 November 2005
Die dorp se omstrede naamsveranderingsage het laat Woensdagoggend ‘n dramatiese wending geneem.
Regter MK Legodi van die Hooggeregshof in Pretoria het die Voosittersvereniging verlof gegee om te appelleer teen sy Hooggeregshofuitspraak op 8 September vanjaar, waartydens hy die Voorsittersvereniging se aansoek om die naamsverandering van Louis Trichardt na Makhado ter syde te stel, met koste van die hand gewys het. Regter Legodi het bygevoeg dat die saak van nasionale belang is en daarom is daar toestemming gegee dat die saak direk na die Appèlhof in Bloemfontein geneem kan word en nie, soos gebruiklik, eers na ‘n vol bank van regters in die Transvaalse Provinsiale Afdeling nie. Dit beteken dat Regter Legodi se uitspraak vroeër vanjaar eers opgeskort word hangende die uitspraak van die Appèlhof.
“Hierdie saak gaan ons wen!” was mnr. André Naudé, voorsitter van die Voorsittersvereniging se opgewonde woorde, met die aanhoor van die nuus. Hy sê dat, alhoewel hulle nou 30 dae tyd het om die gronde vir appèl te liasseer en 90 dae om die oorkonde te liasseer, wil hulle vra vir ‘n vervroegde hofdatum vanweë die belangrikheid van die saak.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
