ADVERTISEMENT:

 

Sulke optrede is krimineel, kritiseer VV

 

News  Date: 25 November 2005

 

Mnr. André Naudé, voorsitter van die Voorsittersvereniging (VV), het hom die afgelope week heftig uitgespreek teenoor die manier waarop die polisie die arrestasie van die 24-jarige Dieter Venter in verband met die verf van die standbeeld van Makhado hanteer het.

“Ons is geweldig gesteurd oor die feit dat ‘n direkte instruksie van die polisie se nasionale kommissaris, Jackie Selebe, geïgnoreer is. Die instruksie stel dit duidelik dat enige persoon wat gearresteer word sou gou moontlik voor ‘n hof gebring moet word,” sê Naudé. Met verwysing na die polisie se optrede om ‘n gearresteerde persoon regsverteenwoordiging en ‘n verskyning in die hof te weier, het Naudé gesê dat sulke optrede krimineel van aard is aangesien dit ‘n oortreding van die Strafproseswet is.

“Die polisie se optrede vereis ‘n dissiplinêre ondersoek,” sê Naudé.

Naudé sê dat hulle met hul lede gaan konsulteer rakende die aanmelding van die aangeleentheid by die Menseregtekommissie vir verdere ondersoek, aangesien dit lyk asof die polisie se optrede moontlik rassisties kan wees.

“As dit so is dat hulle die verdagte van die hof weggehou het, is hul optrede krimineel. Ons wil dit beklemtoon dat enige gearresteerde persoon so gou doenlik voor ‘n hof gebring moet word, sodat die hof oor die persoon se lot kan besluit en nie die polisie nie. Die werk van die polisie is om ‘n saak te ondersoek en nie om regter en politikus te wees nie,” sê Naudé.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines