ADVERTISEMENT:

 

Johnny Mellows oorlede

 

News  Date: 07 May 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die nuus van die skielike dood van bekende sakeman en oud-inwoner, mnr. Johnny Mellows (61), is met skok en hartseer ontvang.

Almal het vir Johnny van Johnny Refrigerators geken en geweet dat hulle hom enige tyd kon skakel en hy sou bereid wees om hulle te kom help.

Johnny, vader van mnr. Gideon Mellows (voorsitter van Tafelronde Soutpansberg 66) is op 27 Junie 1942 gebore en het op 27 April vanjaar skielik aan 'n hartaanval gesterf. Hy het twee jaar gelede hartprobleme ondervind, maar het intussen volkome herstel.

Johnny se dood laat 'n leemte in die sakewêreld, asook in die harte van sy vriende en geliefdes. Hy word oorleef deur sy vrou, Magriet, sy seun, Gideon, sy dogter, Hilda en vier kleinkinders. Hy is verlede week vanuit die AGS Kerk hier begrawe.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines