ADVERTISEMENT:

 

Wyle Gordon Muirhead (57).

Gordon Muirhead verloor kanker-stryd

 

News  Date: 25 November 2005

 

Die dorp het met hartseer verneem van die afsterwe van ‘n welbekende inwoner, Gordon Muirhead.

Gordon is op Donderdag, 17 November, in die ouderdom van 57 jaar in die Unitas Hospitaal in Pretoria oorlede na ‘n stryd van elf maande teen kanker.

Gordon is gebore in die Elim Hospitaal naby Louis Trichardt. Hy het geboer op die familieplaas, Schoonuitzight, met makadamia neute, avokados en piesangs. Die plaas is al meer as ‘n honderd jaar in die besit van die Muirhead-familie.

Gordon sal onthou word as een van die laaste Engelse “gentlemen” van die kontrei wat geen persoon enige skade sou aandoen nie. Sy menslikheid, respek vir sy minderes en meerderes en ongelooflike liefde vir sy familie en vriende sal altyd sinoniem bly met sy naam.

Die roudiens is op Woensdag, 23 November gehou by die N.G. Kerk Soutpansberg-gemeente. Hy laat sy vrou, Joyce, na ‘n huwelik van 31 jaar agter, asook vyf kinders en vyf kleinkinders.

Die familie spreek hulle dankbaarheid uit teenoor die gemeenskap vir al die SMSe, telefoonoproepe, gebede en ondersteuning wat hulle deur hierdie moeilike tyd gedra het. Joyce noem ook graag hoeveel die kinders en kleinkinders se ondersteuning vir haar beteken het.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines