ADVERTISEMENT:

 

Tradisionele geneser voor hof oor medisyne

 

News  Date: 02 December 2005

 

Albertus Labuschagne (43) het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n aanklag dat hy die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe oortree het.

Labuschagne, ‘n tradisionele geneser, is op 28 November deur die polisie gearresteer by Rondebosch waar hy op ‘n plot woonagtig is en ook vanwaar hy as ‘n tradisionele dokter werksaam is.

Die Departement van Gesondheid se ondersoekeenheid vir wetstoepassing in Pretoria het Labuschagne se bedrywighede ondersoek. Hy is gearresteer op ‘n oortreding van Artikel 22 van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, deurdat dat hy medisyne aangehou en verkoop het waarvan hy nie ‘n gemagtigde verspreider was nie.

Labuschange het op 29 November in die landdroshof verskyn, waartydens sy saak uitgestel is na 10 Januarie volgende jaar hangende verdere ondersoek. ‘n Woordvoerder van die betrokke ondersoekeenheid wou nie veel inligting verskaf oor die saak nie, aangesien die saak nog ondersoek word. Hy het egter bevestig dat die skedule medisyne ‘n groot gesondheidsgevaar kan inhou as dit verkeerd aangewend word. Van die medisyne is selfs na Botswana uitgevoer. Die ondersoek is nog in ‘n sensitiewe stadium.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines