

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 December 2005
Telkom kon hierdie week nog nie uitsluitsel gee oor wat die probleem met sommige telefoonlyne is nie.
Dit lyk asof die probleme wat met veral plaaslyne ondervind word, aan meer as een oorsaak te wyte is.
Daar word veral gesukkel met plaaslyne in die omgewing van Ben Lavin. Vir die afgelope twee en ‘n half weke sit mense sonder hul landlyn kommunikasie. By nadere ondersoek is daar vasgestel dat ‘n voertuig ‘n telefoonpaal omgery het ongeveer vyf kilometer oos vanaf die N1 op die Fort Edward-pad na Vleifontein. ‘n Geaffekteerde Telkom kliënt, mnr. Gert van Zyl, het self gaan ondersoek instel en die ongeluk aan die maatskappy gerapporteer. ‘n Onderhoudspan is uitgestuur om ‘n nuwe telefoonpaal te plant en die drade te herstel, waarna iets anders verkeerd moes geloop het, aangesien van die lyne nog steeds buite werking is.
‘n Besigheid in Levubu het weer ‘n hele maand met ‘n telefoonlyn gesukkel wat dan gewerk het en dan nie.
“In die middel van ‘n gesprek met ‘n kliënt sal die lyn sommer doodgaan,” het Drix Hanisch van Henry de la Rey se besigheid, Delaja Velddienste, gesê.
Die groot storm die eerste naweek in November het daar ook waarskynlik ‘n uitwerking gehad. Intussen is kabeldiefstal ook oral in die land ‘n geweldige probleem wat telekommunikasie kniehalter.
Die woordvoerder vir Telkom, Lulu Letlape (Groep Uitvoerende Bestuur: Korporatiewe Kommunikasie), het Dinsdag gesê dat hulle eersdaags ‘n persverklaring oor die oorsaak van die probleme sal uitreik.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
