

ADVERTISEMENT:

Die vuur het Donderdag ontstaan in die vleiland tussen die industriële gebied en Groblerstraat in Louis Trichardt. ‘n Sterk wind het die vlamme aangehits, totdat die vlamme gelek het aan die sypaadjie van Groblerstraat.
News Date: 11 August 2016
Die brandweer moes verlede week verwoed keer dat ‘n veldbrand nie permanente skade aanrig aan besighede in die industriële gedeelte van Louis Trichardt nie.
Die vuur het Donderdag ongeveer 11:00 ontstaan in die vleiland tussen die industriële gebied en Groblerstraat. ‘n Sterk wind het die vlamme aangehits en oor etenstyd het die vlamme gelek aan die sypaadjie van Groblerstraat.
In ‘n stadium het die wind die vuur opgeskep en ‘n leë erf, wat grens aan Van der Merwe Saagmeule en Louis Trichardt Scrap Metals, het aan die brand geraak. Met die brandweer se aankoms op die toneel het ‘n gedeelte van die skrootmetaalwerf se perseel al vlamgevat. Die vlamme is inderhaas geblus, voordat dit kon versprei na ‘n rommelhoop wat onder andere leë gasbottels en ou bande bevat het - beide goedere wat uiters vlambaar is.
Personeel van die saagmeule het ook ingespring en gehelp om die vlamme te blus wat gedreig het om hulle perseel in vlamme te verswelg.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
