ADVERTISEMENT:

 

Polisie kan inwoners nie meer beskerm nie, sê Meiring

 

News  Date: 09 December 2005

 

Plattelandse gebiede in Suid-Afrika is besig om in lae intensiteit oorlogsones te ontaard en wetsgehoorsame burgers het geen ander keuse nie as om vir hul eie veiligheid verantwoordelikheid te neem, sê mnr. Gideon Meiring, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou-unie.

In ‘n brief aan die Provinsiale Kommissaris van die SAPD het Meiring sy kommer uitgespreek oor die feit dat die SAPD nie langer wetsgehoorsame burgers kan beskerm nie. Die brief is ook aan Nasionale Kommissaris Selebi gestuur.

Die brief volg op wat genoem word ‘n sloerdery aan die kant van die polisie om wapens wat vir ballistiese toetse ingegee is aan die eienaars terug te besorg.

Na aanleiding van die voorval het die voorsitter van die TLU SA Noord, mnr. Dries Joubert in ‘n mediaverklaring gesê dit wil lyk asof die SAPD nie langer in staat is om selfs basiese take, soos ballistiese toetse, uit te voer nie.

Joubert sê die TLU SA Noord wil graag met die SAPD saamwerk. Hy het verwys na ‘n voorval wat op 8 Oktober op Vivo plaasgevind het waar twee vermeende rowers op grondeienaars losgebrand het. Hy sê lede van die TLU SA Noord het toe die werk van die SAPD gedoen en gehelp om die gemeenskap van Blouberg en Vivo te beveilig. Lede van die TLU SA Noord het baie goed met die SAPD saamgewerk en nadat die voorval ontlont is, uit vrye wil die wapens ingehandig vir ballistiese toetse. Ten spyte van versekerings dat die persoonlike wapens spoedeisend gehanteer sou word, is die wapens nog steeds in die besit van die polisie. Joubert het dit duidelik gestel dat die TLU SA Noord sal verkies dat die SAPD die veiligheidsituasie hanteer, maar dat die SAPD duidelik nie instaat is om dit te kan of wil doen nie.

In sy brief aan die Kommissaris het Meiring kommer uitgespreek oor die ondersoek so lank duur. Hy sê aangesien wetsgehoorsame burgers geen ander keuse het nie as om vir hul eie veiligheid verantwoordelikheid te neem, is dit noodsaaklik dat die SAPD ophou sloer en die wapens sonder verwyl terug besorg. Hy sê dat lede hul wapens nodig het vir selfverdediging omdat die SAPD hulle nie langer kan beskerm nie.

Joubert het in sy mediaverklaring kommer uitgespreek omdat die veiligheidsituasie op die platteland daagliks verswak. Hy sê wetsgehoorsame burgers moet let op die aksies van die SAPD en strategieë ontwerp om met die ongesonde situasie saam te leef.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines