

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 September 2016
Te midde van onlangse berigte oor dwelm-verwante probleme en verslawing in Louis Trichardt, het die plaaslike Alkoholiste Anoniem-tak (AA) besluit om ‘n tak van Narcotics Anonymous (NA) op die been te bring.
Die doel van die NA-ondersteuningsgroep is om dwelmverslaafdes te ondersteun, maar veral dié wat onlangs gerehabiliteer is, om te voorkom dat hulle nie weer terugkeer na dwelms nie.
Hierdie ondersteuningsgroep sal elke Dinsdag bymekaar kom by die Metodiste Kerk te Munnikstraat 79 in Louis Trichardt. Die eerste vergadering is reeds geskeduleer vir Dinsdag, 6 September, om 18:00. Almal is welkom om in te skakel en niemand sal weggewys word nie.
Die AA-groep sal nog steeds, soos in die verlede, elke Maandag om 18:00 bymekaar kom, ook by die Metodiste Kerk. Verder sal die AA ook nog steeds elke Woensdag vergader in Levubu vanaf 18:00.
Vir meer inligting oor die NA-vergaderings of om in te skakel kan Desmond of Charise gekontak word by onderskeidelik 073 227 8761 of 082 351 8239. Vir meer inligting oor die AA-groep kan Jannie geskakel word by 079 300 6876.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
