ADVERTISEMENT:

 

N1-noord vir etlike maande "gesluit"

 

News  Date: 23 December 2005

 

Die N1-tolpad oor die Soutpansberg gaan vir etlike maande gesluit word.

Die N1-bergpas oor die Soutpansberg gaan vroeg aanstaande jaar gedeeltelik gesluit word vir verbeterings aan die teerpad. Die opgraderingskontrak sal 10 maande duur. Vir die duur van die kontrak sal beheerde enkelbaanverkeer by tye deurgelaat word. Alternatiewelik sal motoriste van die oostelike Witvlag-verbypad gebruik moet maak.

‘n Woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (SANPA), mnr. Ettienne Terblanche, het in ‘n onderhoud bevestig dat werk aan die pad in die bergpas gedurende Januarie of Februarie 2006 sal begin. Die werk behels die beveiliging van sekere hellings op die pad, tesame met verskeie ander veiligheidsverbeterings.

Volgens die kontrakvoorwaardes sal gepoog word om die ongerief vir motoriste so ver as moontlik te beperk. Konstruksiewerk sal net tussen 09:00 en 15:00 op weeksdae uitgevoer word. Geen konstruksiewerk sal op vakansiedae en oor naweke gedoen word nie.

Mnr. Terblanche sê die gedeeltelike padsluiting vanaf 09:00 tot 15:00 sal net van toepassing wees op Dinsdae, Woensdae en Donderdae. Stop/ry-onderbrekings en wagtye sal gedurende die konstruksietye van toepassing wees.

Die alternatiewe roete wat vir die duur van die konstruksie gebruik kan word, is die Witvlagpad, tot waar dit aansluit by die Thohoyandoupad en dan terug na die N1-tolpad.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines