ADVERTISEMENT:

 

Polisie lede op die plaas Plaaspoort waar 'n menslike geraamte ontdek is. Foto: SAPD, Limpopo.

Hulp gevra om geraamte uit te ken

 

News  Date: 17 September 2016

 

Plaasarbeiders het Maandag op ‘n gru-vonds afgekom op ‘n plaas naby Louis Trichardt.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder lt-kol. Moatshe Ngoepe het die arbeiders vroeg Maandagoggend afgekom op die geraamte van ‘n onbekende persoon op die plaas Plaaspoort, sowat 32 km suid van Louis Trichardt.

Ngoepe het gesê dat die geraamte ‘n paar bruin Nike-tekkies, ‘n blou werksbaadjie en twee paar broeke aangehad het. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen om die oorsaak van die persoon se dood en identiteit te bepaal.

Die polisie het ook ‘n beroep gedoen op mense wat dalk meer inligting het oor die saak om na vore te kom. Inligting kan deurgegee word deur die Makhado Polisie se aanklagkantoor te skakel by tel. 015 519 4300.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines