ADVERTISEMENT:

 

Joubert spreek skok uit oor Kerstyd-plaasaanval

 

News  Date: 23 December 2005

 

Dit is ironies dat Kersfeestyd, wat veronderstel is om ‘n tyd van vrede en vreugde te wees, sedert 1994 vir baie mense in ‘n tyd van hartseer en pyn verander het, sê mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU-SA Noord.

Joubert het sy skok uitgespreek oor die plaasaanval helder oordag op Maandag, 12 Desember, op die Botes-gesin. Hy sê die aanval was, soos gewoonlik, uiters goed beplan nadat die huis deeglik dopgehou is. Selfoonkontak tussen lede van die groep het daartoe bygedra dat die aanvallers gewaarsku is en weggekom het.

Die polisie het nog geen deurbraak in die soektog na die aanvallers gerapporteer nie.

Joubert sê as die SAPD moeite doen om kriminele te vang wat inbreek en steel, sal baie onskuldige lewens gespaar word. Hy sê die instansie wat die opsporingsapparaat in Steunkringlede se voertuie geplaas het, sal beter doen deur moordenaars en geweldenaars te agtervolg in plaas daarvan om wetsgehoorsame burgers te teiken.

Hy het veral wit bejaarde mense op plase, maar ook dié wat alleen in dorpshuise woon, gewaarsku dat hulle voorsorg moet tref teen moontlike aanvalle. Hy het weereens mense uitgenooi om by die Steunkringgroepe aan te sluit. Die Steunkringe is nie beperk tot lede van die TLU SA nie.

Joubert sê mense in Suid-Afrika kan nie die huidige regering vertrou om hul veiligheid te waarborg nie. Burgers moet besef dat dit nie meer goed genoeg is om net wetsgehoorsaam te wees nie. Elkeen sal vir sy of haar eie veiligheid verantwoordelikheid moet neem.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines