ADVERTISEMENT:

 

Man aangekla omdat hy "jok" oor kaping

 

News  Date: 23 December 2005

 

‘n Man wat ‘n motorkaping en gewapende roof by die polisie aangemeld het, het vandeesweek in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n aanklag van meineed. Nog klagtes van motordiefstal of alternatiewelik die gebruik van ‘n voertuig sonder die eienaar se toestemming is teen hom hangende.

Die 62-jarige Bennet Malaudzi sal op 13 Januarie, 2006, weer voor die hof moet verskyn. Hy is intussen op eie verantwoordelikheid vrygelaat.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder het Mulaudzi op 16 Desember ‘n gewapende roof aangemeld en beweer dat hy in Krugerstraat deur vier gewapende mans voorgekeer en van sy voertuig en R300 beroof is.

‘n Lid van die publiek het later by die polisie kom aanmeld dat hy ‘n besope persoon langs die Vivo-pad gehelp het met ‘n voertuig wat omgeslaan het. Die beskrywing van persoon en die voertuig het die klaer en die beweerde gekaapte voertuig gepas.

Etlike ure later het die eienaar van die voertuig opgedaag om ‘n klag van motordiefstal teen die klaer te lê.

Die polisie het gevolglik ‘n saak van meineed teen Mulaudzi geopen. Hy het Maandag (19de) in die hof verskyn.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines