

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 January 2006
Die twee topmatrikulante van Hoërskool Louis Trichardt, Stephani Botha en Jan-Louis Lee, het onderskeidelik agste en dertiende plek in die provinsie behaal. Hulle is beide vereer tydens die amptelike aankondiging van die 2005 Graad 12 Eksamenuitslae in Polokwane op 29 Desember verlede jaar.
Stephani se ses onderskeidings is in Afrikaans Primêre Taal (92%), Engels Addisionele Taal (98%), Natuur en Skeikunde (80%), Biologie (95%), Rekeningkunde (83%) en Rekenaarstudie (94%). Al ses haar onderskeidings is op hoërgraad en haar gemiddeld was 90.43%. Stephani gaan vanjaar medies studeer aan die Vrystaatse Universiteit.
Jan-Louis se vyf onderskeidings word almal op hoërgraad behaal in Afrikaans Primêre Taal (96%), Engels Addisionele Taal (99%), Ekonomie (86%), Aardrykskunde (95%) en Rekeningkunde (84%). Sy gemiddeld was 89.95%. Jan-Louis gaan teologie by die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk by Noordwes Universiteit studeer.
Nog ‘n Triegie met vyf onderskeidings is Charné Nel met 89% vir Afrikaans Primêre Taal, 91% vir Engels Addisionele Taal, 89% vir Ekonomie, 80% vir Wiskunde en 84% vir Rekeningkunde. Al die onderskeidings is op hoërgraad behaal. Charné wil ‘n geoktrooieerde rekenmeester word en gaan by die Universiteit van Pretoria studeer.
Die skoolhoof, mnr. Henry Denner, sê dat hierdie eerste Triegie UGO (Uitkoms Gebaseerde Onderwys) matrieks bo verwagting goed gevaar het.
“Die matrieks van 2005 is sekerlik dié wat die meeste deur die transformasie in die onderwys beïnvloed was. In Graad 7 het hulle na UGO oorgeskakel, net om in Graad 10 weer teruggeskakel te word na die sogenaamde “ou” stelsel. Nieteenstaande beriggewing dat uitslae ‘baie swakker’ as in 2004 gaan wees, het die matrieks van Hoërskool Louis Trichardt baie goed in die eksamen van 2005 presteer,” sê mnr. Denner.
In totaal behaal die Triegie-matrikulante 99 onderskeidings, terwyl 12 matrikulante ‘n M1 of A-gemiddeld behaal.
Vyf matrikulante behaal elk vier onderskeidings. Hulle is Vanessa Botes (Afrikaans Primêre Taal HG, Engels Addisionele Taal HG, Hotelbestuur SG en Rekenaartik SG), Thendo Mathumba (Engels Primêre Taal HG, Afrikaans Addisionele Taal HG, Ekonomie HG en Bedryfsekonomie HG), Belinda Merrifield (Engels Primêre Taal HG, Afrikaans Addisionele Taal HG, Biologie HG en Bedryfsekonomie HG), Susan Pieterse (Afrikaans Primêre Taal HG, Engels Addisionele Taal HG, Biologie HG en Aardrykskunde HG), Danie Venter (Engels Addisionele Taal HG, Natuur en Skeikunde HG, Rekenaarstudie HG en Rekeningkunde HG).
Die matrikulante wat drie onderskeidings behaal, is Ilse Jonker, Lena-Marie Klopper en Nelia Smith, terwyl Tarryn Annandale, Sharmila Asokan, Fanu Booyens, Lize Bothma, Alet Grobler, Garth Janse van Rensburg, Tendani Kone, Jo-Anne Labuschagne, Murunwa Mandavha, Shonisani Ramovha, Marnus Ras, Nicole Rudolph, Paul Smit en Jessica Strydom twee onderskeidings elk behaal het.
"Die enigste opsig waarin die matriekuitslae teleurstellend is, is die feit dat die skool se slaagsyfer 97,6% is as gevolg van die feit dat drie matrikulante nie die paal kon haal nie," sê mnr. Denner.
Die skool bedank graag die personeel, wat oor die laaste aantal jare hard gewerk het om die matrikulante van 2005 in staat te stel om so goed te presteer en wens hulle geluk met die hoë standaard uitslae.
“Dit is weereens ‘n duidelike bewys: Triegies is Tops!” sê mnr. Denner.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
