

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 January 2006
Een van die bekendste boere in die omgewing van Mopane, mnr. Koos Meintjies van die plaas Erasmus, is verlede week in die ouderdom van 57 oorlede.
Mnr. Meintjies het die afgelope 30 jaar op die plaas geboer en was ‘n bekende in die wildboerdery bedryf. Sy seun, Pieter Meintjies, sit die boerdery voort.
Mnr. Meintjies het verlede jaar in Augustus probleme met sy gesondheid ondervind en is in Oktober gediagnoseer met kanker van die pankreas. Hy het intensiewe bestralingsbehandeling ontvang en het eers teen die einde van Desember verlede jaar na die plaas teruggekeer.
Verlede week Vrydag het hy op Makhado (Louis Trichardt) tydens ‘n besoek aan sy dogter skielik siek geword. Hy is in die Soutpansberg Kliniek opgeneem, waar hy Saterdagoggend omstreeks 11:00 oorlede is.
Die begrafnis was Donderdagoggend (12 Januarie) vanuit die Musina NG gemeente.
Mnr. Meintjies laat sy vrou Dorothy, sy seun Pieter en twee dogters, Marlize Venter en Jana Goosen en een kleinkind agter.
Die gesin het hul waardering uitgespreek teenoor dr. De Villiers en die personeel by die kliniek vir die bystand en hulp. Hulle bedank ook alle bevriende persone vir die talle boodskappe van medelye en vir die bemoedigende SMS-boodskappe.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
