ADVERTISEMENT:

 

Provinsie loods ondersiek na pasiënt se dood

 

News  Date: 20 January 2006

 

Mnr. Phuti Seloba, provinsiale woordvoerder vir die Departement Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling, het by navraag bevestig dat die provinsiale departement ‘n ondersoek geloods het na die omstandighede wat gelei het tot die dood van ‘n pasiënt by die Louis Trichardt Gedenkhospitaal op 9 Januarie.

In verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger is daar berig oor die dood van mnr. David Rasivhendzele (38), terwyl hy vir behandeling opgeneem was by die hospitaal. Dat sy dood moontlik deur nalatigheid aan die kant van nagdienspersoneel veroorsaak is, het weereens die kwessie rondom die gehalte van mediese dienste by die hospitaal in die kalklig geplaas.

Seloba het Dinsdag gesê dat ‘n provinsiale ondersoekspan kort na die voorval die hospitaal besoek het. Verklarings is geneem van die betrokke nagdienspersoneel, asook pasiënte in die kamer waar Rasivhenzele gesterf het. Dit is opgevolg met ‘n verrassingsbesoek deur ‘n lid van die provinsiale verpleegdienste. Die doel van die besoek was om inligting te in oor die omstandighede by die hospitaal. Eers nadat die persoon die hospitaal besoek het, is die plaaslike bestuur van die besoek ingelig.

Seloba het die versekering gegee dat hulle nie die saak daar gaan laat nie.

“Ons sal die kern van die probleem ondersoek en sou daar gevind word dat enige van ons beamptes nalatig was in hierdie saak, sal daar ernstig teen hulle opgetree word,” sê Seloba. Hy het bygevoeg dat gevalle van nalatigheid onaanvaarbaar is en dat hulle nie gaan toelaat dat beamptes so optree nie.

Seloba het gesê dat nog niemand in verband met die dood van Rasivhenzele geskors is nie, maar dat klagte van nalatigheid wel ondersoek word. Hy het die versekering gegee dat die ondersoek na die dood van Rasivhenzele binne die volgende twee weke afgehandel sal wees.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines