

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 January 2006
Welkome stortreën die afgelope week vul harte met dankbaarheid. Damvlakke styg ook sodanig dat sommige damme in die provinsie reeds oorloop.
Die Albasinidam het op Maandag (16de) op 37.89% gestaan volgens die Departement van Waterwese en Bosbou. Op Dinsdag (17de) het die vlak van die Albasinidam al op 38.2% gestaan volgens die Makhado Munisipaliteit. Goeie reën (87,8mm vanaf 10 tot 16 Januarie) in die opvangsgebied van dié dam geval.
Dit het die afgelope week ‘n verdere 86mm gereën in die opvangsgebied van die Nandonidam, nadat die week tevore 209mm aangeteken is. Die Nandonidam se vlak het met amper twee meter gestyg vanaf 15.72m na 17.65m.
Die Vondodam staan op 79.24% en het ‘n styging getoon van 4.54%.
Die damme in die Levuvhu/Letaba-opvanggebied wat reeds oorloop, is die Nsamidam, Merenskydam, Magoebaskloofdam en Dap Naudédam. In die Olifantsopvanggebied loop die Blyderivierpoortdam oor. In die Limpoporivier se opvanggebied is daar een dam wat reeds 101% vol is, naamlik die Mutshedzidam. Die tweelingdamme Luphephe en Nwanedi staan onderskeidelik op 46,04% en 62,04%. Die Nzheleledam is 38.5% vol nadat 14mm reën geval het. Die vorige week was daar groot neerslae en daar is 94mm gemeet.
Die Makhado Munisipaliteit se reënmeter in Louis Trichardt het 6,8mm op 3 Januarie getoon, 9,3mm op die 4de, 20,2mm op die 9de, 3,6mm op die 10de, 11,5mm op die 11de, 3,3mm op die 12de, 20,2mm op die 16de en 11,6mm op Dinsdag die 17de. Daarvolgens is die totale reënval vir Januarie sover 86.5mm.
Levubu ontvang steeds baie goeie neerslae en die afgelope week is 210mm gemeet, volgens die Transvaalse Landbou-unie SA Noord se kantoor. Dié kantoor berig ook 48mm vir Mopane, 120mm vir Linton en ongeveer 20mm vir Waterpoort.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
