ADVERTISEMENT:

 

Inbrekers teister dorp se inwoners

 

News  Date: 20 January 2006

 

‘n Vloedgolf van inbrake het die dorp voor die feesseisoen getref en hou steeds aan ná Nuwejaar. Soms is net selfone en geld buitgemaak, terwyl in ander gevalle die huis leeggemaak is van elektriese ware.

In November en Desember het lastige inbrekers nie minder nie as sewe keer by een huis kom lol.

“Die hele omgewing het deurgeloop,” sê Alex Jandrell van President Steynstraat. Die modus operandi was gryp en hardloop. Die diefwering of venster is oopgemaak, ‘n deur is dadelik oopgemaak vir die ontvlugting en klein voorwerpe, soos ‘n selfoon of ‘n beursie, is gesteel. As hy gepla is, dan het hy weggehardloop. As hy eers ‘n plek geteiken het, dan het hy herhaaldelik teruggekom. Die laaste paar kere het die hondjie se geblaf die inbreker weggegee en het hy weggehardloop. Alex het hom een aand gesien en gevolg. Hy het in die bosse onderkant die dam verdwyn. Hy het ‘n beskrywing van die man aan die polisie gegee.

Hein Swanepoel van Stubbsstraat het vyf maal deurgeloop. Sy ma het die inbreker een aand gesien. Hierdie keer was dit ‘n netjies geklede, jongerige persoon. Hy het die meeste van die kere gekom as dit reënerig was. Geld en selfone was ook sy prioriteit. In die middel van Desember het Hein ‘n alarmstelsel installeer en die laaste twee kere is die dief deur die alarm verraai en het hy weggehardloop. Hein sê dat die polisie elke keer vingerafdrukke geneem het, maar dat hy nog nie in kennis gestel is dat enige verdagte gearresteer is nie.

Sondagaand, 8 Januarie, is Daan Nel van Kroghstraat verras deur ‘n man wat drie uur die oggend in sy kombuis staan. Sy klein hondjie het aanhoudend geblaf totdat Daan opgestaan het. In die kombuis was Daan besorg dat die onwelkome gas sy hondjie iets sou aandoen en het eers die hondjie na veiligheid gebring. Intussen het ta tydsaam by die venster uitgeklim. Daan kon nog ‘n hele handvol inwoners opnoem wat ook gepla is deur inbrekers.

‘n Inwoner van Bredastraat was minder gelukkig. Die misdadiger het haar huis gestroop van elektriese ware op 11 Januarie en skynbaar met ‘n bakkie verwyder. Sy was nie tuis nie. Die diefwering is afgeknip en heeltemal verwyder, waarna die venster oopgekry is.

Nie net die residensiële areas is geteiken nie, maar besighede het ook deurgeloop. By een besigheid is daar op die 12de deur die dak ingekom en lugtyd vir selfone en geld is gesteel. Die dief het weer deur die plafon uitgegaan.

Die plaaslike polisiewoordvoerder het gesê dat hy bewus is van die voorval van die 12de, maar dat die ondersoek nog aan die gang is en dat geen arrestasies gemaak is nie. Hy het gesê dat hy nie bewus is van die vele huisbrake en pogings tot huisbrake gedurende die feesseisoen nie en dat hy geen statistieke mag verstrek nie.

Volgens die amptelike polisiestatistieke vir Vhembedistrik vir April 2004 tot Maart 2005 was daar 3 352 huisbrake teenoor 3 184 die vorige boekjaar. In Vhembe was daar in 2004/2205 altesaam 1 306 diefstalle by besighede teenoor 1 284 die vorige jaar.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines