ADVERTISEMENT:

 

Skoolhoof se seun oorleef fratsongeluk

 

News  Date: 20 August 2004

 

MUSINA – Jaco Linde, seun van Louis en Elsje Linde, skoolhoof en onderwyser van Eric Louw, is weer tuis en sterk aan na ‘n noodoperasie weens ‘n ernstige fratsongeluk.

Jaco, ‘n laerskool leerder, was Dinsdag, 20 Julie, in ‘n fratsongeluk betrokke, toe hy na skool met sy trapfiets op die atletiekbaan gery het. Hy het gebots met ‘n bewegende besproeiingspunt. Sy neus, oogbank en die voorste gedeelte van sy skedel is vergruis.

‘n Algemene assistent by die skool, mnr. Abraham Mabafule, het gesien wat gebeur en het Jaco te hulp gesnel.

Jaco is eers na die mediese sentrum op Musina gebring en toe per voertuig na Louis Trichardt afgevoer. Op pad het Jaco sy bewussyn verloor en dr. Ronel Nicolson van die sentrum het die gesin per selfoon tydens die traumatiese rit bygestaan. By die mediese kliniek op Louis Trichardt is Jaco gestabiliseer, voordat ‘n noodrit na Pietersburg onderneem is om hom na die intensiewe sorgeenheid by die Medi-Kliniek te bring.

Intussen is gebedsaksies oral in gemeenskappe onderneem waar die nuus rugbaar geword het. Oudleerlinge van Eric Louw het op die universiteite waar hulle studeer, ook gebedsaksies vir Jaco georganiseer.

Die Linde-gesin het met Jaco se terugkeer vanaf die Medi-Kliniek in Pietersburg gesê: “God het ons gebede verhoor. Dit is ‘n wonderwerk dat Hy Jaco se lewe gespaar het. Ons gee al die eer aan Hom.”

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines