ADVERTISEMENT:

 

Geen borg vir ses in rooftog-saak

 

News  Date: 27 January 2006

 

Die ses mans wat vir die gewapende rooftog en motorkaping op Jean Fernhout en Charlene Janse van Rensburg aangekla is, is weereens borgtog geweier.

Die ses verdagtes is aangekeer nadat hulle op 15 Desember verlede jaar ‘n gewapende roof en motorkaping op Jean en Charlene uitgevoer het. Die mans is kort na die voorval gearresteer.

Die ses verdagtes, Ndodo Mahlala (30), Nakampi Mokota (23), Lufuno Ramanzwi (42), Vusi Mthembu (23), Thomu Manyana (30) en Ivan Moboto (30), is almal verlede week borg geweier.

Die verdagtes het gepoog om volgens ‘n skedule ses oortreding aansoek te doen vir borgtog op buitengewone omstandighede. Die Soutpansbergse streekhof het egter beslis dat dit nie in die publiek se belang sal wees om enige van die mans vry te laat nie. Hul saak is na 23 Februarie uitgestel, hangende verdere ondersoek en ballistiese toetse.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines