ADVERTISEMENT:

 

Kleuter sterf in ongeluk

 

News  Date: 03 February 2006

 

‘n Vyfjarige seuntjie het Vrydag, 27 Januarie, op tragiese wyse gesterf tydens ‘n motorongeluk op die N1 sowat 40 kilometer vanaf Musina.

Die vyfjarige Franco van Niekerk was omstreeks 17:00 saam met sy ouers vanaf Tshikondeni na Pretoria op reis, toe die linker agterwiel van hul dubbelkajuit bakkie gebars het. Die bakkie het buite beheer geraak en omgeslaan. Franco, wat op die agterste sitplek gelê en slaap het, is uit die bakkie geslinger en is op die toneel dood.

In nog ‘n ongeluk is die 39-jarige mnr. Johannes Madima van Musina oorlede, terwyl drie mense beseer is. Mnr. Madima was op die Tshipise/Pafuri-pad op reis, toe hy gestop het om ‘n draai te loop. Volgens die polisie het ‘n tweede voertuig, wat in dieselfde rigting op reis was, kort daarna teen hoë spoed in die stilstaande voertuig vasgejaag. Mnr. Madima is op die toneel dood, terwyl die beseerdes in die Musina Hospitaal opgeneem is vir mediese behandeling.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines