ADVERTISEMENT:

 

Wyle Tannie Tina Venter. Foto verskaf.

Vriendelike tannie Tina (86) oorlede

 

News  Date: 04 November 2016

 

Vriende en familie het met leedwese afskeid geneem van mev. Tina Venter, wat op 26 Oktober in die ouderdom van 86 oorlede is.

Tannie Tina was alombekend vir haar vriendelike en sprankelende geaardheid. Sy het graag mense geestelik (Woord) en liggaamlik (verpleeg) bedien.

Tannie Tina was die eggenote van ds. Sampie (SZ) Venter. Hulle het in 1968 vanaf Machadodorp na Louis Trichardt verhuis, waar ds. Sampie leraar was by die NG Kerk Soutpansberg-gemeente. In 1986 word tannie Tina as weduwee agtergelaat, nadat ds. Sampie in ‘n motorongeluk sterf. Gedurende die volgende twee jaar verhuis sy en is toe betrokke by die Rhema Bybelskool.

In 1989 verhuis tannie Tina terug na Louis Trichardt, en begin as ‘n verpleegster werk by Ons Tuiste Ouetehuis. Sy het in 2003 haar intrek geneem as inwoner by die tehuis.

 

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines