

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 February 2006
‘n Saak van poging tot moord word deur die polisie op Musina ondersoek na ‘n voorval waarin ‘n 53-jarige man ernstig beseer is in ‘n skermutseling met sy 33-jarige seun op die plaas Tovey, net buite Musina. Die seun se ma moes na buite vlug toe hy haar glo ook probeer aanval het.
Volgens inligting wat deur die polisie vrygestel is, het omstanders gehelp om ‘n vuurwapen van die seun af te neem, nadat een skoot afgevuur is en die wapen op die pa gerig is.
Volgens die voorlopige aanduidings het die seun die vuurwapen gaan haal te midde van ‘n heftige argument met sy pa. Die polisie sê die argument is toe voortgesit en die seun het glo een skoot in die lug afgevuur, voordat hy die vuurwapen op sy pa gerig het. Die pa het die vuurwapen vasgegryp en ‘n stoeiery het ontstaan. Omstanders het gehelp om die vuurwapen by die seun af te vat. Die seun het toe na bewering sy pa verder te lyf gegaan en ook probeer om sy ma aan te val. Sy het na buite gevlug en in die veld geskuil totdat die polisie opgedaag het.
Die polisie het beslag gelê op gewere en ‘n pistool in die beskuldigde se woonhuis. Die seun, Dean Warren, het Maandag op Musina in die hof verskyn in verband met die voorval en die saak is uitgestel tot 6 Februarie. Die beskuldigde bly in aanhouding, hangende ‘n formele borgaansoek.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
