ADVERTISEMENT:

 

Dis hoeveel jy jou huishulp moet betaal

 

News  Date: 09 November 2016

 

Die Departement van Arbeidsake het Maandag aangekondig dat die nuwe minimum loon regulasies vir huiswerkers in werking sal tree vanaf 1 Desember 2016.

Hierdie regulasies sal geld tot en met 30 November 2017.

Dit sal beteken dat jou huishulp in die Soutpansberg-streek ‘n minimum loon van R11.31 per uur moet ontvang as sy meer as 27 uur per week vir jou werk, ‘n weeklikse tarief van R508.93 of maandeliks R2 205.17.

Indien jou huishulp minder as 27 uur per week werk sal jy haar ‘n uurlikse tarief van R13.53 moet betaal, R360.54 weekliks en R1 562.21 maandeliks.

As jou huishulp by jou werk in jou plaaswoning sal haar minimum loon (indien sy meer as nege ure per dag werk) R14.39 per uur wees, R647.73 weekliks of R2 806.61 maandeliks.

Die nuwe aanpassing is in lyn met die Wet op Diensvoorwaardes wat gereguleer word deur die Sektorale Vasstellingsriglyne wat die departement in plek gestel het. “In terme van die wet word huiswerkers geag as kwesbaar, vandaar die nodigheid vir die Sektorale Vasstelling wat die minimum loon en diensvoorwaardes vir hulle uiteensit,” het die departement gesê in ‘n persvrystelling.

Huiswerkers sluit huishoudsters, tuiniers en kinderoppassers in.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines