ADVERTISEMENT:

 

Rou riool vloei vrylik in vleiland af

 

News  Date: 10 February 2006

 

Inwoners wat langs die vleigebied in Kruger- en Presidentstraat woonagtig is, moet al vir ‘n geruime tyd die ondraaglike stank van rou riool verduur.

Die oorsaak van die stank is afkomstig van ‘n verstopte rioolsisteem wat deur die vlei loop. Rou riool borrel by inspeksiegate uit as gevolg van die verstopping.

Een ontstoke inwoner is mnr. Willem de Swardt. Mnr. De Swardt woon op die hoek van President- en Ruhstraat. Reg oorkant sy huis is ‘n inspeksiegat wat gedurig rou rioolwater uitstort. Na so ‘n “uitloopsessie” hang ‘n onaangename reuk vir dae lank in die lug. Volgens mnr. De Swardt het hy die probleem al verskeie kere by die munisipaliteit aan gemeld, maar sonder dat die probleem opgelos word.

Skaar ‘n honderd meter verder is die Teletubbies Kleuterskool. Hulle kla ook oor die toestand en sê dat die reuke al so erg was dat ouers begin kla het. Die reuk is ondraaglik vir die kinders wat graag wil buite speel. Die skool het self al drie keer die probleem by die Raad aangemeld, maar die probleem deur voort.

By navraag het ‘n beampte van die munisipaliteit gesê dat die probleem nou opgelos is. Hy het gesê dat die reuk mettertyd sal verdwyn. Klaarblyklik was tydelike toilette op ‘n konstruksieterrein, wat sommer direk op die rioolstelsel gekoppel is, die oorsaak van die blokkasie. Die res van die stelsel is ook nagegaan en ander foute is reggestel.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines