ADVERTISEMENT:

 

Vertragings by Raad te danke aan ink tekort

 

News  Date: 10 February 2006

 

‘n Rekenaardrukker se ink wat onklaar geraak het was verlede week die oorsaak van groot frustrasie by die plaaslike munisipaliteit.

Die onklaar ink het ernstige vertragings veroorsaak by die Raad se lisensie-afdeling, aangesien kwitansies en ander dokumentasie nie gedruk kon word nie. Alles moes tydsaam met die hand gedoen word.

Die tipe ink wat deur die drukkers benodig word, is nie plaaslik beskikbaar nie en moes vanaf Johannesburg bestel word. Die munisipaliteit het verlede jaar al probeer om die ink te bestel, maar daar was klaarblyklik nie genoeg voorraad nie en die fabrieke het reeds gesluit vir die vakansieseisoen.

‘n Woordvoerder van die munisipaliteit het erken dat dit hulle fout is. Die beskikbaarheid van genoegsame ink sou nie ‘n probleem gewees het indien dit beter gekontroleer was en die bestelling vroegtydig geplaas is nie. Die woordvoerder het bygevoeg dat daar in die toekoms beter kontrole sal wees en dat daar nooit weer ‘n herhaling van so ‘n insident sal plaasvind nie. Die munisipaliteit het verskoning aangebied vir enige ongerief wat deur die probleem veroorsaak is.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines