ADVERTISEMENT:

 

Laerskool Louis Trichardt se Graad 7 klas van 2016 het verlede Vrydag die einde van hul laerskoolloopbaan afgesluit op die kerktrappe van die Haantjiekerk.

Jong Triegies groet laerskool

 

News  Date: 19 November 2016

 

Laerskool Louis Trichardt het verlede Vrydag afskeid geneem van hul Graad 7’s van 2016, met die hou van hul tradisionele afskeidsdiens in die Haantjiekerk. Hierdie jaar is die diens voorafgegaan deur ‘n nuwe tradisie.

Vanjaar se Graad 7’s het met die hulp van hul ouers ‘n klokkoepel gebou by die ingang van die skool, met die woorde Benedicat te Deus daarop. Die woorde beteken "God Seën Jou".

Die nuwe tradisie, het skoolhoof mnr. Louis Linde gesê, gaan in die toekoms gebruik word om nuwe Graad 1’tjies by die skool te verwelkom en afskeid te neem van die Graad 7’s aan die einde van hul laerskoolloopbaan.

Elke liewe Graad 7 het onderdeur die boog geloop, die klok gelui en so die skool gegroet. Ná afloop van die seremonie het hulle die afskeidsdiens bygewoon by die Haantjiekerk.

Die kinders het ná die diens op die geskiedkundige kerkgebou se trappe versamel, waar hulle in ‘n simboliese gebaar ballonne in die kleure van die skool losgelaat het.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines