ADVERTISEMENT:

 

Hier verskyn die pragtige Marli Harris by cliviablomme uit die kwekery van mev. Olive Brummer.

Halfeeufees en Cliviaskou soos min

 

News  Date: 20 August 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - ‘n Aanskoulike Cliviafees gaan deel vorm van die halfeeufeesvierings van die N.G. Kerk Soutpansberg-gemeente, wat vanaf 9 tot 12 September gevier sal word.

Vir hierdie feestelike geleentheid kan alle tuiniers en cliviakwekers hulle clivias begin gereed kry. Clivias kan in houers gebring word vir opbouende kommentaar deur ‘n onafhanklike beoordelaar van Pretoria. Cliviainskrywings word in twee afdelings gedoen: die professionele afdeling vir kwekerye en Cliviaklublede en die tuinierafdeling.

Op Donderdag, 9 September, bied die Louis Trichardt Blommeklub ‘n werkswinkel en blommeskou aan. Die beoordeling sal dieselfde aand plaasvind. ‘n Inkleurwedstryd vir kleuters en kinders van drie tot sewe jaar sal vir die kleiner maats ‘n uitdaging wees.

Daar sal ook ‘n Mejuffrou Clivia Petite gekies word op grond van foto-inskrywings van jong dametjies tussen 4 en 8 jaar by Cliviablomme. Die beoordeling vind plaas op 9 September en die prysuitdeling op Saterdag, 11 September om 11:00.

Die teetuin sal op Vrydag, 10 September om 10:00 open waar inwoners te midde van die pragtige blommerangskikkings en clivia plante-uitstallings rustig tee en eetgoed kan kom nuttig. ‘n Nuwigheid is die miniatuurtuin wat besigtig sal kan word. Cliviaplante sal ook te koop aangebied word. Op Vrydagaand sal die prysuitdelings van die blommerangskikkingskou en die clivia planteskou plaasvind.

Ouers met kinders moet ook seker maak dat hulle hierdie geleentheid nie misloop nie. Kinders sal in ‘n spesiale kindertuin besiggehou word met gesigverf en ander aktiwiteite.

Smaaklike innerlike versterkings sal voortdurend te koop wees by verskillende stalletjies wat tot 16:00 op Saterdag, 11 September, oop sal wees. Die skouplante en blommerangskikkings sal ook op Sondag, 12 September vir besigtiging oop wees.

Vir verdere navrae in verband met die Cliviafees kan Anneke Stroebel geskakel word by tel. 083 326 6073. Vir die blommeskou kan Greta Fourie by tel. 082 820 4648 geskakel word en vir die inkleurwedstryd, Renda Alexander by tel. 082 932 3590.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines