

ADVERTISEMENT:

Wyle mnr. Hekkie Rossouw (71). Foto verskaf.
News Date: 20 November 2016
‘n Bekende gesig in plaaslike onderwyskringe, mnr. Herman Rossouw, is die naweek oorlede.
Hekkie, soos Herman alombekend was in Louis Trichardt, is Saterdag oorlede in die hoësorgeenheid van die Wilgers Hospitaal in Pretoria. Hy het die laaste paar weke hartprobleme ondervind ná hy ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het. Talle operasies om die probleme met Hekkie se hart te probeer herstel, was nie suksesvol nie. Daar was net te veel interne bloeding wat gelei het tot veelvuldige orgaanversaking.
Hekkie is 10 dae voor sy 71ste verjaarsdag oorlede. Hy is gebore op 22 November 1945. Ná sy studies het hy en sy eggenote, Martie, in die winter van 1979 na Louis Trichardt verhuis.
Hekkie was sedertdien verbonde gewees aan die Departement van Onderwys se Bantoe Onderrig in die destydse Venda tuisland. In dié jare het hy die langste gewerk by die Lamana en Tshishimani Onderwys Kollege. Hekkie het later jare ook die pos gevul as wiskunde vakadviseur.
Wyle Hekkie word oorleef deur sy vrou Martie, twee van hulle drie kinders Herman en Wilna (hulle broer Adriaan is in 2012 oorlede) en vyf kleinkinders Nantis, Suné, Lucius, Herman en Owen.
Daar sal hierdie komende Saterdag ‘n roudiens wees vir Hekkie vanuit die Ou Apostoliese Kerk van Afrika in Magalieskuil, Pretoria, om 11:00.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
