ADVERTISEMENT:

 

Saterdag se stormwinde het 'n boom ontwortel en dit op die dak van Super Cycles in Songozwistraat te lande laat kom. Foto verskaf.

Stormwinde sorg vir ‘n paar benoude oomblikke

 

News  Date: 20 November 2016

 

Inwoners het die naweek self ingespring en gehelp om die skade op te ruim wat aangerig is tydens ‘n sarsie stormwinde.

Sedert verlede Vrydag het daar amper elke aand ‘n goeie bui reën oor Louis Trichardt uitgesak. So saam met die reën was daar ook ‘n paar donderstorms, wat gepaard gegaan het met sterk rukwinde.

Saterdagaand het dié rukwinde ‘n groot boom ontwortel langs Super Cycles se perseel in Songozwistraat. Dié boom het met ‘n groot slag neergekom reg voor die winkel se ingang, en ‘n stuk van die dak in die slag laat bly.

Eienaar mnr. Japie van Heerden het gesê hy was net dankbaar die boom het nie nog dieper in op die dak geval nie. Buiten vir die skade aan die dak, was die res van die winkel en inhoud ongedeerd.

‘n Tweede groot boom is in die vroeë oggendure van Sondag omgewaai net ‘n entjie verder af in die straat by die toerisme inligtingsentrum langs die N1. Hierdie boom het aan die N1 se kant gelê, waar René Paulsen en Jean du Preez ingespring het en dit in stompe opgesaag het. Jean het verduidelik dat hy dit beskou as gemeenskapsdiens om die boom op te ruim.

Lees hier vir meer inligting oor die naweek se reënval-syfers oor die Soutpansberg-streek.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines