ADVERTISEMENT:

 

Mev. Magriet Hoare-Palmer vertoon die medalje wat sy van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ontvang het vir ‘n 100ste bloedskenking.

Vrou skenk 104 eenhede bloed

 

News  Date: 20 August 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHADRT) - Met 104 bloedskenkings agter die rug, is daar min wat dit vir mev. Magriet Hoare-Palmer kan nadoen.

Tydens die Zoutpansberg Skou in Julie het Magriet haar 104de bloedskenking gedoen. Sy het vir haar 100ste bloedskenking ‘n prag medalje ontvang. Die SANBS (Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedskenkingsdiens) se James Blundell-medalje vir ‘n 100ste bloedskenking is op 22 Mei in Polokwane aan mev. Hoare-Palmer oorhandig.

Magriet het in April 1977 begin bloedskenk. Onder haar medaljes is ook ‘n uitsonderlike gemonteerde medalje vir die 50ste bloedskenking.

“My man se ouma, mev. Martha du Plessis of Ouma Dup soos almal haar geken het, was ‘n pionier met bloedskenking en my voorbeeld. Toe sy nog gelewe het, het sy my altyd aangemoedig,” sê Magriet.

Mev. Du Plessis het 150 keer bloed geskenk en sou seker nog aangegaan het as siekte haar nie verhoed het nie.

“My ideaal is om Ouma Dup se rekord verby te steek!” sê Magriet. Haar twee seuns, Ivan (20) en Maxwell (18) is ook ywerige bloedskenkers.

Magriet sê dat dit nou so gerieflik is om bloed te skenk, vandat daar ‘n bloedskenkingskliniek by die bloedbank in Erasmusstraat geopen het. Vir diegene wat nog nooit bloed geskenk het nie, sê Magriet: “Kom probeer. ‘n Mens voel baie lekker as jy klaar bloed geskenk het.”

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines