

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 August 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die Staat het Vrydag (13de) verdere uitstel geweier in die saak teen bekende plaaslike besigheidsman, Suliman Ismail (44) en voorlopig alle sake teen hom teruggetrek.
Ismail is in November verlede jaar op ‘n klag van moord gearresteer, na ‘n skietvoorval by sy woning in Forestryweg waarin sy vrou, mev. Shaida Ismail (43), noodlottig gewond is. Hy is kort na sy eerste hofverskyning op R10 000 borgtog vrygelaat.
Ter verduideliking waarom die Staat verdere uitstel geweier het, het die hof aangevoer dat hulle steeds wag vir die polisie se forensiese deskundige verslag en die ontstekings-residu verslag. Wanneer dié verslae eendag bekom word, sal die saak na die Direkteur van Openbare Vervolging verwys word vir beslissing. Dit kan dus gebeur dat die saak teen Ismail weer geopen sal word.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
