ADVERTISEMENT:

 

Wyle dr. Koos Muller (75).

Levubu se Dok Muller oorlede

 

News  Date: 20 August 2004

 

LEVUBU - Groot hartseer het gevolg op die onlangse afsterwe van ‘n alombekende en beminde inwoner, dr. Koos Muller (75). Die roudiens is op Maandag, 26 Julie, waargeneem deur Pastore Ernie en Craig Whitcomb vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente op Levubu.

Dr. Muller, ‘n mediese dokter, was ‘n oud-Tukkie. Hy was werksaam by die Groothoek Sendinghospitaal vanaf 1955, vir 17 jaar. In 1973 verhuis hy na Potgietersrus om sy eie privaat mediese praktyk te begin. In 1981 besluit hy weens gesondheidsredes om af te skaal en te kom boer op Levubu. Hier het dr. Muller ook dadelik ‘n praktyk begin waar hy werksaam was tot en met sy afsterwe op Donderdag, 22 Julie.

Die afgelope sewe maande was ‘n moeilike tydperk vir hom en sy familie, nadat hy eers deur ‘n knopiespinnekop gebyt is en toe twee maande gelede ‘n ernstige rugoperasie ondergaan het. Ten spyte van sy hartprobleme het dr. Muller wonderbaarlik herstel en op 1 Julie vanjaar weer begin werk.

Dok Muller sal onthou word vir sy liefde vir mense en sy passie vir sy pasiënte. Sy gereelde kuiertjies sal opreg gemis word.

Wyle dr. Muller word oorleef deur sy vrou Didi, sy kinders, Piet, Karen, Boesman, Ilze, Erika, Werner en tien kleinkinders.

“Ons as familie wil vir ons Hemelse Vader dankie sê vir die lang tydperk wat Hy hom aan ons geleen het. Verder wil ons almal bedank vir die oproepe, boodskappe en eetgoed gedurende hierdie tydperk. Ook aan elkeen wat op ons pa se lewenspad sy lewe vir hom ryker gemaak, het wil ons net baie dankie sê. Ons weet elkeen van julle was vir hom van onskatbare waarde.”

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines