ADVERTISEMENT:

 

In Azaleastraat is daar sommer twee palmtakke met rooi en wit waarskuwingslint daarom in nog ‘n ander gat in die pad gedruk.

"Innoverende" padtekens laat motoriste verstom

 

News  Date: 03 March 2006

 

Waar gaan die belastinggeld heen is die vraag wat ‘n inwoner van die dorp, mnr. Carel Breytenbach, homself afvra.

Mnr. Breytenbach het onlangs ‘n draai in die dorp gaan ry met sy kamera en, sê hy, alhoewel innovasie al menige persoon, besigheid, selfs ‘n volk se oorlewing moontlik gemaak het, staan hy verstom teenoor die munisipaliteit se “innoverende” padtekens.

Gewapen met sy kamera het mnr. Breytenbach ‘n drom in die middel van die pad in Akasiastraat afgeneem. Mnr. Breytenbach sê die drom, met ‘n rooi en wit waarskuwingslind daarom gebind, pryk al etlike weke in a gat in die pad. Klaarblyklik is dit die munisipaliteit se manier om motoriste te waarsku om nie deur die gat te ry nie.

Maar dié “innoverende” verkeersteken is nie al wat mnr. Breytenbach op kamera vasgelê het nie. In Azaleastraat is daar sommer twee palmtakke met rooi en wit waarskuwingslint daarom in nog ‘n ander gat in die pad gedruk.

“Ek wonder nou maar net wat word van my belastinggeld wat ek so getrou elke maand betaal? Hier geld ook maar seker dieselfde verskoning as in die geval van die riool probleem in Burgerstraat - ‘Die stank sal wel verdwyn’ - of in die geval van die verstopte en vuil openbare toilette: - ‘Ons het nie geweet die skoonmaker is afwesig nie’. Die Stadsraad kan maar gerus erken dat hulle nie instaat is om ‘n gat in die pad te kan herstel nie, ook nie die stinkende riool in die nywerheidsgebied vanwaar van ons drinkwater gepomp word nie,” sê mnr. Breytenbach. Hy sê skoueroptrekkende verskonings is volop, maar niemand aanvaar verantwoordelikheid nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines