

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 March 2006
Skade van miljoene rand is die afgelope naweek in die omgewing van Waterpoort aangerig na die ergste windstorm in 50 jaar. Bome en dik pale is soos vuurhoutjies geknak.
Die oesskade onder kleiner produsente in die Waterpoort gebied word voorlopig op nagenoeg R12miljoen geskat. Op een plaas alleen is skade van R1,7miljoen aan die oeste aangerig.
Strukture soos bergingsruimte en pakhuise is ook vernietig. Die voorlopige raming van struktuurskade op plase in die omgewing word gemiddeld op tussen R50 000 en R100 000 per boer gestel.
Hoewel Alldays, Linton en Mopane ook buitengewone windstorms beleef het, is minder skade aangerig.
Produsente in Mooketsi en Hoedspruit het ook erg deurgeloop. Veral skadunette en kweekhuise is beskadig. Skade is ook in Mpumalanga, Gauteng en gedeeltes van die Vrystaat aangemeld, waar skielike lae temperature die meeste skade aangerig het.
Die voorsitter van die TLU SA Noord, mnr. Dries Joubert, sê in die meeste gevalle is oeste wat vir April aangeplant is, grotendeels of heeltemal vernietig. Hy sê verbruikers kan ‘n skerp styging in die pryse van vars groente en vrugte verwag.
Hy sê hierdie jongste natuurramp sal weereens die belang van die landbou onder verbruikers se aandag bring. Hy het boere wat skade gely het, bemoedig en gesê dis nou nodig om kalm te bly en slim planne uit te dink om die geweldige verliese te verwerk. Die TLU SA Noord is reeds besig met ‘n opname om die volle omvang van die skade vas te stel.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
